Trompetter (vis)
Die trompetter (Pelates quadrilineatus) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese gebied, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika, vanaf Oman tot by die Boesmansrivier by Port Alfred voorkom. Die vis het ook die Middellandse See deur die Suezkanaal binnegedring. In Engels staan die vis as die Trumpeter bekend.
Trompetter | |
---|---|
'n Trompetter | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Actinopterygii |
Orde: | Perciformes |
Familie: | Terapontidae |
Genus: | Pelates |
Spesie: | P. quadrilineatus |
Binomiale naam | |
Pelates quadrilineatus | |
Sinonieme | |
Voorkoms
Die vis is silwerig met 4–6 donker horisontale strepe oor die liggaam. Daar is 'n donker vlek net tussen die begin van die dorsale en pektorale vinne. Die stertvin is ligter van kleur en die mond- en kieuholtes is rooi. Die onvolwasse vissies het 6–7 strepe oor die liggaam. Die vis word tot 30 cm lank.
Habitat
Die vis kom langs die kus voor, veral waar daar seegrasbeddings is, asook by riviermondings. Die onvolwassenes vreet seegras en klein skaaldiere en die volwasse visse plankton. Die vis kan 'n kraakgeluid met sy swemblaas maak, vandaar die naam.
Sien ook
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Verwysings
- UICN (en)
- Bloch, M. E., 1790. Naturgeschichte der ausländischen Fische. Berlín. Naturg. Ausl. Fische v. 4: i-xii + 1-128, Pls. 217-252.
- Catalogue of Life[dooie skakel] (en)