Trevor Noah
Trevor Noah (gebore op 20 Februarie 1984 in Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse komediant, akteur en TV-aanbieder.
Trevor Noah | |
---|---|
Trevor Noah in 2017 | |
Gebore | Trevor Noah 20 Februarie 1984 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Komediant, akteur en TV-aanbieder |
Ouer(s) | Robert Noah; Patricia Nombuyiselo Noah |
Webwerf | trevornoah.com |
Lewensloop
Trevor Noah is in Johannesburg gebore en hy het in die stadsdeel Soweto grootgeword. Sy moeder, Patricia, is 'n swart Suid-Afrikaanse vrou wat half Joods is.[1] Sy vader Robert is 'n wit man wat van Switsers-Duitse afkoms is.[2] Tydens die apartheidsjare was die verhouding tussen sy ouers onwettig. Sy moeder is destyds deur die apartheidsregering in hegtenis geneem en beboet.[3] Die jong Trevor is deur sy moeder en ouma opgevoed. Sy veelrassige afkoms en persepsies oor ras en etnisiteit kom ook gereeld in sy komedie-optredes ter sprake.[4]
Trevor Noah is veeltalig; hy praat Engels, Xhosa, Zoeloe, Suid-Sotho, Tswana, Tsonga, Afrikaans asook 'n bietjie Duits en Spaans.[5][6]
Verwysings
- (en) Trevor Noah has Australia laughing Herald Sun, 20 Oktober 2014
- (en) South African comedian Trevor Noah to play Birmingham’s Glee Club Birmingham Post, 22 November 2013
- (en) Ep. 55 - interview with South African comedian Trevor Noah Geargiveer 2 April 2015 op Wayback Machine All Things Comedy, 2014
- (en) Why mixed-race comic was 'born a crime' CNN.com, 30 Maart 2015
- Itzkoff, Dave (31 Maart 2015). "Trevor Noah to Succeed Jon Stewart on 'The Daily Show'". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2018. Besoek op 7 Oktober 2017.
- Roz Laws (22 November 2013). "South African comedian Trevor Noah to play Birmingham's Glee Club". birminghampost (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2019. Besoek op 7 Oktober 2017.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Trevor Noah.
- (en) Amptelike webwerf
- (en) Trevor Noah in die Internet-rolprentdatabasis