Treurden
Die treurden (Pinus patula) is 'n indringerplant en keëldraende boom wat tot 20 m hoog word. Dit groei in vogtige grasvelde, woudrande en paddeurgrawings. Die boom is endemies in Meksiko en Sentraal-Amerika. In Suid-Afrika groei dit in die oostelike gedeeltes; vanaf die Oos-Kaap; deur KwaZulu-Natal tot in die Laeveld.
Treurden | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | Pinales |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. patula |
Binomiale naam | |
Pinus patula Schiede ex Schltdl. & Cham. | |
natuurlike verspreiding |
Voorkoms
Die boom is groot met 'n digte, geronde kroon wanneer volwassenheid bereik word. Die bas is grof en donker. Die naaldblare is in groepe van drie en neerhangend. Dit word gekweek vir kommersiële doeleindes in plantasies; die hout word gebruik vir konstruksiehout en papierpulp.
Subspesies
Die spesie het twee subspesies:
- Pinus patula var. longipedunculata Loock ex Martínez
- Pinus patula var. patula
Bronne
- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Treurden.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Treurden
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.