Transvaalbergsuikerbos
Die Transvaalbergsuikerbos (Protea rubropilosa) is 'n blomdraende boom wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom op die eskarp van die Drakensberg vanaf Wolkberg tot Lydenburg voor. Die boom is kwasterig, sprei uit en word 8 m hoog. Dit blom van September tot Desember met die hoogtepunt in Oktober.
Transvaalbergsuikerbos | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. rubropilosa |
Binomiale naam | |
Protea rubropilosa Beard, 1958 | |
'n Brand vernietig die boom maar die sade oorleef. Die saad word 9-12 maande vrygelaat nadat dit geblom het. Die saad word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sandsteen- en kwartsietgrond op hoogtes van 1 400 - 2300 m.
In Engels staan dit as die Transvaal sugarbush bekend.
Die boom se FSA-nommer is 97[1].
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Transvaalbergsuikerbos.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.