Torsten van Jaarsveld
Torsten van Jaarsveld (*30 Junie 1987, Windhoek) is 'n Namibiese rugbyspeler wat vir die Cheetahs as haker en flank in die Superrugbyreeks en vir die Vrystaat Cheetahs in die Curriebekerreeks speel. Hy het voorheen vir die Pumas en die Valke gespeel. Van Jaarsveld het in 2012 vir die Suid-Afrikaanse Noordelike Barbarians teen Engeland gespeel waarna hy hom in 2013 by die Vrystaat aangesluit het.[1] Van Jaarsveld is aangewys as die Vrystaat se Curriebekerkaptein vir 2014.[2] Hy het onder meer tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023 vir Namibië uitgedraf.
| |||||
Torsten van Jaarsveld tydens die Rugbywêreldbeker 2015 | |||||
Volle naam | Torsten George van Jaarsveld | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 30 Junie 1987 | ||||
Geboorteplek | Windhoek, Namibië | ||||
Lengte | 176 cm | ||||
Massa | 100 kg | ||||
Skool | Hoërskool Hendrik Verwoerd | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Huidige status | |||||
Posisie | Flank | ||||
Huidige span | Bayonne | ||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Haker, flank | ||||
Jeugspanne | |||||
Jare | Span | ||||
2005 2006–2008 |
Blou Bulle Valke | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2008 | UP-Tuks | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2018– | Bayonne | 95 | (125) | ||
korrek soos op 25 Desember 2020. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2008–2013 2014–2017 |
Pumas VS Cheetahs |
73 21 |
(40) (5) | ||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2014–2018 | Cheetahs | 69 | (80) | ||
Provinsiale span | Bayonne | ||||
korrek soos op 25 Desember 2020. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2014– | Namibië | 28 | (15) | ||
korrek soos op 26 Augustus 2018. |
Verwysings
- (en) "Al die Cheetah-aanwinste". suparugby.com. 30 Augustus 2012. Besoek op 30 Augustus 2012.
- (en) "Torsten lei Toyota Cheetahs in Curriebeker". fscheetahs.co.za. 21 Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 21 Julie 2014.
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.