Torso

Torso is die anatomies-korrekte benaming vir die menslike romp of bolyf, waarvandaan die nek en ledemate uitsprei. Dit sluit die bors- of ribbekas en die maag in.

'n Man se torso. Dit staan ook as romp of bolyf bekend.

Hooforgane

Die lewensbelangrikste organe, waarsonder oorlewing onmoontlik is, word in die torso gehuisves. In die boonste gedeelte van die bors is die hart en die longe, wat beskerm word deur die ribbekas. Die onderbuik (of "abdomen") huisves al die vernaamste organe wat nodig is vir spysvertering, naamlik die maag, die lewer, die groot ingewande (dikderm) en die klein ingewande (dunderm), wat voedingstowwe uit voedsel onttrek; die anus, wat verantwoordelik is vir die uitskeiding van fekalieƫ, die rektum, wat die fekalieƫ voor ontlasting berg, die galblaas, die urineleier en die urinekanaal, wat semen en urine na buite die liggaam vervoer.

Die pelvis huisves onderskeidelik die manlike en vroulike geslagsorgane.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.