Torium

Torium is 'n radioaktiewe chemiese element met simbool Th

90 aktinium torium protaktinium
serium

Th

-
Algemeen
Naam, simbool, getal torium, Th, 90
Chemiese reeksaktiniede
Groep, periode, blok 3, 7, f
Atoommassa232,0381 (1) g/mol
Elektronkonfigurasie[Rn] 6d27s2
Elektrone per skil2, 8, 18, 32, 18, 10, 2
Toestandvastestof
Kristalstruktuurkubies vlakgesentreerd
RuimtegroepFm3m  nommer: 225
Strukturbericht-kodeA1

Vervaardiging

Verval van torium-232

Torium is 'n sterk elektropositiewe element en dit maak dit moeilik om die metaal te vervaardig. Toriumoksied kan met kalsium gereduseer word en ThCl4 of ThF4 kan gereduseer word met Ca, Mg of Na-metaal. 'n Ander pad is die elektrolise van gesmelte soute. Torium het 'n hoë smeltpunt (1750 °C) en die gesmelte metaal is baie reaktief. Fyn verdeelde toriumstof is pirofoor en die vars oppervlak van 'n stuk metaal word vinnig dof.[1]

Chemiese eienskappe

Torium vorm verbindings in sy +4 oksidasietoestand soos ThO2 (toria), ThCl4,ThF4, K2ThF6 en Th(SO4)2. Toria is in die vroeë 20ste eeu dikwels gebruik in gloeikousies. As 'n toriumsout soos die nitraat met 1% seriumoplossing gemeng word en daarmee 'n manteltjie van fyn weefstof, soos kunssy, geïmpregneer word, vorm dit by verhitting 'n vuurvaste materiaal dat sterk lig uitstraal as dit deur 'n gas- of olievlam verhit word.[2] Dit is as ligbron gebruik.

Radioaktiwiteit

Torium bestaan amper uit net een isotoop torium-232 (99,98%). Dit is radioaktief en vorm deur alfaverval radium-228. Die halfleeftyd is egter baie lank: 14,05 miljard jaar en die element self is dus min aktief. Die dogterisotope het egter 'n baie korter halfleeftyd en die eindproduk is lood-208.

Kernkrag

Torium kan nes uraan gebruik word om kernkrag op te wek, maar dit is moeiliker om dit vir die vervaardiging van wapens te gebruik en die ontwikling van hierdie kragbron het min aandag gekry. Sedert 2004 was Kalpakkam die enigste plek waar 'n toriumproefreaktor in aanbou was. In 2017 het Nederland in Petten 'n toriumreaktor in bedryf gestel. Torium word eers aan neutrone met 'n hoë energie blootgestel; dit vorm U-233 wat nes die gebruiklike U-235 kan splyt. [3]

Verwysings

  1. The Radiochemistry of Thorium,National research council.Earl K. Hyde, National Academies, 1960
  2. Roscoe, J.D. van der Plaats (1903). Roscoe's beknopt leerboek der scheikunde. Van Broekhoven.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. New Scientist 2017

Eksterne skakels

H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloïde Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.