Torianiet

Torianiet is 'n radioaktiewe mineraal met formule ThO2.[1] Dit kom in pegmatiete en alluviale neerslae voor.[2]

Torianiet
 
FormuleThO2 
OnsuiwerhedeU, Ce, La, Pb  
Kleurdonkergrys, bruinswart 
Streepgrys, grysgroen tot swart 
Glansharsagtig, submetallies 
Hardheid6,5 - 7 (Mohs) 
RuimtegroepFm3m 
Strukturbericht-kodeC1 
Eenheidsela = 5.6 Å
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Dit is taamlik seldsaam en word in myne op Madagaskar, Sri Lanka en in Kanada aangetref. Die Kanadese mineraal is gewoonlik uranotorianiet en bevat uraan. Die mineraal het genoeg radioaktiwiteit om selfs in museumkolleksies gevaarlik te wees. Afhanklik van die uraangehalte wissel die aktiwiteit van 17 tot 32 milliröntgen/uur.[3]

Verwysings

  1. "mindat 3944" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
  2. "webmineral" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2019. Besoek op 13 Julie 2017.
  3. "jewelry.org.ua" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2019. Besoek op 13 Julie 2017.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.