Topeka
Topeka is die hoofstad van die deelstaat Kansas. Spaanse verkenners het reeds in die 16de eeu hier kom soek na goud. Eers gedurende die Kaliforniese goudstormloop was hier gereeld blankes teenwoordig. In 1854 het die Federale Regering eers die gebied oop verklaar vir bewoning en gedurende daardie jaar is die dorp uitgemeet. Die dorp het in 1861 die hoofstad geword toe Kansas tot die Federasie as 'n deelstaat toegelaat is.
Topeka | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Kansas |
County | Shawnee |
Koördinate | 39°03′N 95°41′W |
Stigting | 1854 |
Inkorporasie | 1857 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 159,21 vk km |
Hoogte bo seevlak | 288 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 127 679 |
- Bevolkingsdigtheid | 818/vk km |
Tydsone | SST (UTC -6) |
Somertyd | SDT (UTC -5) |
Burgemeester | Michelle De La Isla (D) |
Amptelike Webwerf | topeka.org |
Bron
- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 22, Bladsy 362.
Hoofstede van die Verenigde State | ||||
---|---|---|---|---|
|
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.