Topbestuur

Topbestuur is die hoogste bestuursvlak in ondernemings, bestaande uit direkteure, hoofbestuurders, uitvoerende hoofde, lede (in 'n beslote korporasie), vennote (in 'n vennootskap) of net 'n eienaar (in die geval van 'n eenmansaak). Hierdie topbestuur word aangestel volgens hul vermoë as leiers, bestuurders en beplanners van 'n onderneming.

Funksies

Topbestuur neem strategiese besluite rakende die onderneming en besluit oor 'n lang termyn wat in die onderneming gedoen moet word. Topbestuur bepaal die onderneming se eksterne beleid en doelwitte. Hulle beheer ook die funksionering van ál die afdelings in die onderneming (die totale interne omgewing).

Verantwoordelikhede

Topbestuur is verantwoordelik vir die missie en doelwitte van die onderneming. Hulle dink op 'n kreatiewe en toekomsgerigte manier. Hulle is in volkome beheer van die onderneming, en hulle neem nie-alledaagse besluite (dit wil sê langtermyn besluite). Hulle beheer dus ook die langtermynbestuur van die onderneming, en moet sorg dat die onderneming se doelwitte bereik word.

Bronne

  • Esterhuyse, C. · Horn, D. · Liebenberg, C.: Dinamiese bedryfstudies; Kagiso; Pinelands, 2004

Sien ook

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.