Toom-snellervis

Die toom-snellervis (Sufflamen fraenatum) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese- en Stille oseane, Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Bridle triggerfish.

Toom-snellervis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Sufflamen
Spesie:
S. fraenatum
Binomiale naam
Sufflamen fraenatum
(Latreille, 1804)

Identifikasie

Die vis word tot 38 cm lank. Die vis kan sy kleur verander van ligbruin tot donkerbruin. Die mannetjies het 'n pienkerige geel merk om die bek wat die toomeffek gee. Die onvolwasse visse is wit met 'n bruin rug en golfvormige horisontale strepe oor die kante.

Die vis leef aflandig in koraal- en rotsriwwe in water wat 8 tot 150 m diep is. Hulle is alleenlopers en vreet skaaldiere, spons en ander vis.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.