Tongaans
Tongaans (lea faka-Tonga) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Engels die amptelike tale van die eilandnasie Tonga vorm. Die teks van Tonga se volkslied, Ko e fasi 'o e tu'i 'o e 'Otu Tonga, is in Tongaans.
Tongaans lea faka-Tonga | ||
---|---|---|
Gepraat in: | ![]() | |
Gebied: | Oseanië | |
Totale sprekers: | 180 910[1] | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Oseanies Polinesies Tongies Tongaans | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ![]() | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | to | |
ISO 639-2: | ton | |
ISO 639-3: | ton | |
Taalkundiges klassifiseer Tongaans as 'n Tongiese taal wat nou verwant aan Niuies van Niue is. Dit is ietwat minder verwant aan Oos-Polinesiese tale soos Cookeilandse Māori, Hawais, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans asook Wes-Polinesiese tale soos Samoaans, Tokelauaans en Tuvaluaans, en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Fidjiaans.
Tongaans word deur sowat 180 910 mense gepraat.
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Tongan" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2020. Besoek op 13 Februarie 2018.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.