Tommy Hilfiger
Thomas Jacob Hilfiger ([hɪlˈfɪgər]; Elmyra, New York, VSA, 24 Maart 1951) is 'n Amerikaanse modeontwerper en die stigter van Tommy Hilfiger Corporation.
Tommy Hilfiger | |
---|---|
Tommy Hilfiger in 2009 | |
Gebore | Thomas Jacob Hilfiger 24 Maart 1951 |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Modeontwerper |
Bekend vir | Modeontwerpe; kleurkombinasie rooi-wit-blou; eerste globale mode-etiket vir sportagtige modes; bemarking van modes met musiekkunstenaars; subkultuurinvloede |
Eggenoot | Susie Cirona (1980–2000) Dee Ocleppo (∞ in 2008) |
Kinders | 7 |
Webwerf | tommy.com |
Tommy Hilfiger het reeds as hoërskoolleerling besluit om die mode van groot metropole toeganklik te maak vir kleiner gemeenskappe. Sy voorneme is in 1969 verwesenlik toe hy sy eie modewinkel The People's Place gevestig het. As outodidak het hy ontwerpersmodes bemark wat sy klante graag sou wou koop, maar wat nie in hul landelike omgewing beskikbaar was nie. Die sukses, wat hy met sy eerste besigheid behaal het, was groot genoeg om in 1979 na New York te verhuis en daar 'n loopbaan as modeontwerper te begin.[1]
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.