Tolla van der Merwe
Tertius Willem Jacobus (Tolla) van der Merwe (Clanwilliam, 21 Augustus 1943 - naby Belfast, Mpumalanga, 7 Augustus 2000) was 'n Afrikaanse televisiepersoonlikheid, storieverteller en komediant. Hy was gereeld op SAUK2 se program Maak 'n Las te sien. Sy seun, Wicus van der Merwe, is self 'n noemenswaardige sanger.
Tolla van der Merwe | |
Geboortenaam | Tertius Willem Jacobus van der Merwe |
---|---|
Geboorte | 21 Augustus 1943 Clanwilliam |
Sterfte | 7 Augustus 2000 (op 56) Belfast |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | TV-persoonlikheid, storieverteller, komediant |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Biografie
Van der Merwe matrikuleer aan die Hoërskool Clanwilliam en verwerf ná skool 'n NT53-kwalifikasie. Hy trou met Marita Bouwer en hulle het vier kinders, Wicus, Anél, Bouwer en Cara. Hy sterf in 2000 in 'n motorongeluk.[1]
Filmografie
As akteur:
- Tolla is tops, 1990[2]
- Tough luck (as Oom Koos Fouche), 1992
- Yankee Zulu, 1993
- Kaalgat tussen die daisies, 1997
- Panic mechanic, 1997
Draaiboekskrywer:
- Tolla is tops, 1990
Diskografie
- Die beste uit (LP), 1985
- Weskus Rep (LP), 1991
- Rof Maar Nie Onbeskof, 1996
- Ter Nagedagtenis Aan: Tolla van der Merwe, 1943-2000 Ons Sal Jou Nooit Vergeet Nie, 2000
- Ek En Die Bobbejane, 2000
- Se Heel Beste Stories, 2007
- Bokkie, Kom Terug
- Tolla: Op Sy Beste: 1943 - 2000
- Tolla van der Merwe se 36 Gewildste Stories Vol 2
- Oeps!
- Tolla van der Merwe se 35 Gewildste Stories
- Jan & Tolla
- Tolla se Weskus Konsert (VHS)
Bibliografie
- van der Merwe (T.) TOLLA, Sit, ontspan, lees en lag, 95pp., geïllustreer, hardeband, Johannesburg, 2000.
Verdere naleeswerk
- Konsert van die Lewe, Tania du Toit, 300 bladsye (boek oor Tolla se lewe)
Sien ook
Eksterne skakels
Verwysings
- Tolla se loopbaan en lewe[dooie skakel], Die Burger, 12 Augustus 2000.
- Tolla van der Merwe in die Internet-rolprentdatabasis
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.