Toledo
Toledo is 'n stad in Kastilië-La Mancha van Spanje met 'n bevolking van 83 108 in 2011. Toledo was tussen 1087 en 1561 die hoofstad van die koninkryke van Kastilië en Spanje. In 1561 het koning Filips II die hoofstad ná Madrid geskuif, weens die stad se sentrale ligging tot die hawens van die Iberiese Skiereiland. Die historiese sentrum van Toledo is in 1986 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Die stad is langs die Tajorivier geleë.
Toledo | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Spanje |
Administratiewe gewes | Kastilië-La Mancha |
Provinsie | Toledo |
Koördinate | 39°52′N 04°02′O |
Stigting | 7de eeu v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 232,1 vk km |
Hoogte bo seevlak | 538 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2011) | 83 108 |
- Bevolkingsdigtheid | 358,07 vk/km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Emiliano García-Page |
Amptelike webwerf | ayto-toledo.org |
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Toledo.
- (en) Toerisme-inligting oor Toledo op Wikivoyage
- (es) Amptelike webwerf
- (en) "Toledo". Encyclopædia Britannica. Besoek op 1 Maart 2019.
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.