Tol & Tol

Tol & Tol is die naam van 'n Nederlandse duo-groep wat hoofsaaklik instrumentale musiek produseer. Die sangers is die Volendamse broers Cees en Thomas Tol. Aan die begin van 1990 staan hul twee weke op die eerste plek van die Nederlandse nasionale treffersparade met die treffer Eleni. Maar dit word ook 'n treffer in die buiteland.

Tol & Tol
OorsprongVolendam (Nederland)
LedeCees Tol
Thomas Tol

BZN-periode

Cees en Thomas Tol was lank deel van die groep BZN (Band Zonder Naam). Thomas was ook die komponis van die Volendamse groep en stel in hierdie hoedanigheid die beroemde "palingsound" bekend. Titels soos Mon Amour, Sevilla, Pearlydumm, Just an illusion, Amore en If I say the words bereik stuk vir stuk die boonste range van die Nederlandse trefferparade. Vanaf 1976 komponeer Thomas Tol in totaal 24 BZN-treffers, waarvan 18 die top 10 bereik. Mon amour (1976) het die eerste plek van die Top 40 en die Nationale Hitparade bereik. Pearlydrumm (1980) staan slegs in die Top 40 op nommer een.

Tol & Tol

In 1988 loop die broers Tol kort na mekaar uit BZN om saam hul loopbaan voort te sit. Hul eerste album, met daarop hul Griekstalige nr.1-treffer in die Nationale Hitparade Eleni, word 'n groot sukses. Hierna volg nog die treffer Sedalia en 'n reeks van in totaal vyf albums wat almal die Album Top 100 behaal. Ook in die buiteland word hulle gewild, met name in Duitsland, Oostenryk en Switserland. Sedert 1999 is hul niggie Corina Vamvakari hul vaste sangeres.

Produksie

In 1991 bring Tol & Tol 'n album vir Anny Schilder uit: "This is... Anny Schilder".

Sedert 2002 is Tol & Tol die vervaardigers van die albums van die Nederlandse sanger, Jan Smit. Hul komposisie "Als de nacht verdwijnt" word 'n groot treffer. Hierdie nommer word in 1989 al opgeneem deur Anny Schilder onder die titel "Le soleil".

Cees & Thomas tree so nou en dan op in die geleentheidssanggroep BZN'66 ('n samestelling van oud-BZN-lede wat treffers uit die beginjare van BZN speel).

Diskografie

Albums

Albums met trefferlysnotering
TitelDatum van
vrystelling
Datum van
intrede
 Hoogste 
plek
 Aantal 
weke
 Opmerkings 
Tol & Tol198909-12-1989725Goud, ook in Duitsland, Engeland, Suid-Afrika en Taiwan
Sedalia199115-06-19911811CD vd week, ook in Duitsland, Suid-Afrika en Taiwan
Tol & Tol III199326-06-19932312CD vd week, ook in Duitsland, Suid-Afrika en Taiwan
Tol & Tol IV199902-05-1999614ook in Duitsland (onder die naam Mistiko) en Suid-Afrika
Tol & Tol V11-2001ook in Duitsland (onder die naam You are my world) en Suid-Afrika

Versamelalbums

Albums met trefferlysnotering
TitelDatum van
vrystelling
Datum van
intrede
 Hoogste 
plek
 Aantal 
weke
 Opmerkings 
Tol & Tol (Aus der TV und Funk Werbung)1992verskyn slegs in Duitsland
Eleni & Other hits (2CD)07-1993
First class07-1994
The best of1995verskyn slegs in Suid-Afrika
Remind09-1997
Eleni11-1998
The Collection2001verskyn slegs in Duitsland
Hollands Glorie06-2001
Het beste van Tol & Tol (3CD)2001
The very best of Tol & Tol2002verskyn slegs in Suid-Afrika
Tol & Tol2003verskyn slegs in Argentinië
Peace and quiet2004verskyn slegs in Argentinië
Hollands Goud10-2004
The Complete Collection (2CD)2006verskyn slegs in Suid-Afrika
The Hit Collection (3CD)2006verskyn slegs in Duitsland
De Allermooiste van Tol & Tol (3CD)2007
Unsere Besten2008verskyn slegs in Duitsland
Carilo Bosque Encantado2008verskyn slegs in Argentinië
Hollands Glorie2010

Enkelsnitte

Enkelsnitte met trefferlysnotering in die Top 40
TitelDatum van
vrystelling
Datum van
intrede
 Hoogste 
posisie
 Aantal 
weke
 Opmerkings 
Eleni198923-12-198938Alarmschijf; nr.1 in die Nationale Hitparade; verskyn ook in Duitsland en Engeland
Rounding the cape (A tribute to...)199007-04-1990tip3-
Sedalia199115-06-1991205verskyn ook in Duitsland
Viënna (two worlds meet)10-1991
Ja Sena11-1991
Siciliano1992verskyn slegs in Duitsland
Watching the guards199326-06-1993tip17-verskyn ook in Duitsland
Mistiko04-1999verskyn ook in Duitsland
You are my world11-2001verskyn ook in Duitsland
Gamenni kardia2002verskyn slegs in Duitsland
Florence2002verskyn slegs in Duitsland

Sien ook

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.