Tokai
Tokai is 'n groot woonbuurt en voorstad van Kaapstad in Suid-Afrika. Dit is geleë teen die hange van die Constantiaberg, (deel van die Tafelberg-bergreeks) en is aangrensend tot Steenberg en Kirstenbosch aan die suidekant, Bergvliet aan die oostekant, Constantia aan die noordekant en die SAFCOL-denneplantasie teen die berghange aan die westekant.
Tokai | |
---|---|
Tokai Tokai se ligging in Wes-Kaap | |
Koördinate: 34°03′45″S 18°26′30″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Stigting | 1946 |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,05 km2 (0,41 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 568 |
• Digtheid | 2 446/km2 (6 340/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 82.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.7% |
• Bruin mense | 3.8% |
• Swart mense | 10.2% |
• Ander | 3.0% |
Taal (2011) | |
• Engels | 92.6% |
• Afrikaans | 4.4% |
• Ander | 3.1% |
Poskode (strate) | 7966 |
Poskode (posbusse) | 7945 |
Skakelkode | 021 |
Geskiedenis
Tokai is vernoem na Tokaj, 'n heuwelreeks in Hongarye. Oorspronklik het die gebied uit wynplase en kleinhoewes bestaan. Party van die oorspronklike Kaaps-Hollandse huise bestaan nog steeds. Die woonbuurt het in die laat 1940's ontstaan spesifiek vir behuising aan Suid-Afrikaanse soldate wat vanaf die Tweede Wêreldoorlog teruggekeer het.
Omliggende area en natuurskoon
Die Pollsmoor-gevangenis, waar Nelson Mandela en ander politieke gevangenis deur die Apartheid-regering aangehou is, is in Tokai. Mnr. Mandela was vir vier jaar hier aangehou (1984 tot 1988), na sy oordrag vanaf Robbeneiland, voor hy na die Victor Verster-gevangenis verskuif is tot sy vrylating op 11 Februarie 1990.
Sommige van Tokai se strate is met rooi bakstene geplavei. Stroompies vloei deur Tokai en die denneplantasies, wat sogenoemde "groen some" vorm. Dit verskaf 'n rustige habitat vir voëls, paddas en insekte; ontspanningsareas vir wandel, fietsry en stap met honde is ook uitgelê.
Verwysings
- "Subplek Tokai". Sensus 2011.
Provinsie Wes-Kaap | |
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: |
Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Tuinroete | Weskus |
Grootste stede en dorpe: |
Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester |
Munisipaliteite: |
Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Tuinroete | Weskus | Witzenberg |