Tok Pisin

Tok Pisin ([ˌtokpiˈsin]), ook Nieu-Guinee-Pidgin of Pidgin-Engels, is 'n Kreooltaal wat saam met Engels en Hiri Motu die amptelike tale van die eilandnasie Papoea-Nieu-Guinee vorm. Dit is 'n vereenvoudigde weergawe van die Indo-Europese taal Engels. Die naam "Tok Pisin" is afgelei van die Engelse woorde talk vir "woord", "praat" of "taal" en pidgin.

Tok Pisin  
Uitspraak: [ˌtokpiˈsin]
Gepraat in: Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee 
Gebied: Oseanië
Totale sprekers: 120 000 (moedertaal)
4 miljoen (tweede taal)[1]
Taalfamilie: Pidgin
 Tok Pisin
 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: tpi
ISO 639-3: tpi

Tok Pisin het sowat 120 000 moedertaalsprekers, terwyl 4 miljoen mense dit as 'n tweede taal praat. Tok Pisin is die mees verspreide taal van Papoea-Nieu-Guinee en dien as 'n lingua franca. Dit is verwant aan Bislama, een van die drie amptelike tale van Vanuatu.

Verwysings

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Tok Pisin" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2019. Besoek op 10 Februarie 2018.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.