Toga
'n Toga, soms ook tabbaard genoem, is 'n wye, lang gewaad wat deur hoogwaardigheidsbekleders gedra word. Hierdie seremoniële kledy benadruk hul waardigheid en hul amp.
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Die tabbaard (of tabbert, tabberd) of toge is vroeër deur mans as 'n soort kamerjas oor hul kleding gedra en is gewoonlik met rande bont afgewerk. Die lang gewaad met die wye uitlopende onderrok wat in die tyd deur vroue gedra is, was ook tabbaard genoem. Die woord het later tot 'n algemene woord verander wat alle soorte lang uitlopende, wye gewade aandui, soos die van Sinterklaas.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.