Toepassingsagteware
Toepassingsagteware is gewoonlik die rekenaarprogramme wat gebruik word vir die uitvoer van 'n spesifieke taak. Dit staan in kontras met 'n stelselsagteware wat die basiese stel programme is wat toelaat dat programme toegang kan verkry tot die hardeware, en gebruik word om toepassingsagteware uit te voer.
Voorbeelde van toepassingsagteware
- Rekeningkundige pakkette
- Vertalers en Interpreteerders
- Rekenaarspeletjies
- Kriptografiese programme
- Opvoedkundige sagteware
- E-posprogramme
- Grafiese programme
- Sigblaaie
- Webblaaiers
- Woordverwerkers
Sien ook
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.