Toarsium
Die Toarsium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Jura (serie/epog Vroeë Jura). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | |
---|---|---|---|---|
Kryt | Vroeg | Berriasium | jonger | |
Jura | Laat | Titonium | 145,0–152,1 | |
Kimmeridgium | 152,1–157,3 | |||
Oxfordium | 157,3–163,5 | |||
Middel | Callovium | 163,5–166,1 | ||
Batonium | 166,1–168,3 | |||
Bajosium | 168,3–170,3 | |||
Aalenium | 170,3–174,1 | |||
Vroeg | Toarsium | 174,1–182,7 | ||
Pliensbachium | 182,7–190,8 | |||
Sinemurium | 190,8–199,3 | |||
Hettangium | 199,3–201,3 | |||
Trias | Laat | Rhaetium | ouer | |
Die verdeling van die Jura (IKS). |
Die tydperk was van sowat 182,7 tot 174,1 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Pliensbachium en gevolg deur die Aalenium.
Naam en definisie
Die Toarsium is genoem na Thouars in die Franse département Deux-Sèvres. Die naam is in 1849 daaraan gegee deur die Franse paleontoloog Alcide d'Orbigny.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammoniet Eodactylites, en die bokant deur die eerste voorkoms van die ammonietgenus Leioceras.
Verwysings
- Gradstein et al. (2012)
Bronne
- (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.