Tjop (vleis)
'n Tjop of kotelet is 'n vleissnit wat reghoekig met die rugstring gesny (of gesaag) is. Dit bevat gewoonlik 'n ribbebeen of 'n deel van die ribbes en word as 'n enkele porsie bedien. Lam, skaap en vark is die algemeenste bron van tjops, maar ook wildstjops is in gebruik.
![](../I/Pork_chops_served.jpg.webp)
Varktjops
Die benaming "tjop" word nie vir beesvleis gebruik nie, maar 'n T-been biefstuk (steak) is in der waarheid 'n beeslendetjop, en 'n "rib steak" 'n beesribtjop.
Kookkuns
![](../I/Lammkotelett_mit_wirsing_01.12.2011_21-02-18.JPG.webp)
Lamtjops en kool
![](../I/Braai_Boerewors.JPG.webp)
'n Braairooster gepak met varktjops en boerewors.
Tjops kan op verskillende maniere gaargemaak word, bv. gerooster of pangebraai, gesoteer, gesmoor, gebak of gebraai oor kole. Lamtjops word gereeld met droƫ hitte gaargemaak, gerooster of pangebraai. Varktjops word gebraai oor kole, gerooster, gesoteer, gesmoor of gebak.
Sien ook
Eksterne skakels
- Resep vir gevulde skaaptjops, Sarie
- Resep vir skaaptjops met knoffel en suurlemoen Geargiveer 10 November 2011 op Wayback Machine op boerekos.com
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.