Tjokka

Die Tjokka (Loligo vulgaris reynaudii) is 'n pylinkvis wat aan die wes- en suidkus van Suid-Afrika voorkom. Tjokka is slanker as 'n pylinkvis met driehoekige vinne wat nie langs die hele lyf strek nie. Die kop het agt kort arms en twee lang tentakels. Dit kom voor in die diepsee. Dit vreet klein vissies en vorm groot skole. Dit broei in die somer in baaie langs die suidkus. Die vleis word kommersieel as kalamari verkoop.

Tjokka
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Loliginidae
Genus:
Loligo
Spesie:
L. reynaudii
Binomiale naam
Loligo reynaudii
d'Orbigny, 1841
Sinonieme
  • Loligo vulgaris reynaudii

Bron

  • Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.