Titaandioksied

Titaan(IV)oksied of titaandioksied is 'n verbinding van titaan in sy oksidasietoestand + 4 met suurstof met die chemiese formule TiO2

Eienskappe

Algemeen

NaamTitaandioksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule TiO2
Molêre massa60,08 [g/mol]
CAS-nommer13463-67-7[1]  
VoorkomsDeursigtig of wit vastestof[1]
Fasegedrag  
FaseRutiel 
Selkonstantesa=459,30pm, c=295,90 pm[2]  
RuimtegroepP42/mnm[2] 
Nommer136  
StrukturberichtC4 
FaseAnataas 
Selkonstantesa=379,23 pm, c=955,48 pm[2]  
RuimtegroepI41/amd[2] 
Nommer141  
StrukturberichtC5 
FaseBrookiet 
Selkonstantesa=545,58 pm, b=918,19 pm, c=514,2 pm  
RuimtegroepPbca 
Nommer61  
StrukturberichtC21
Smeltpunt 1855 °C [1]
Kookpunt2900 °C [1]
Digtheid3,84 -4,26[1]
Oplosbaarheidonoplosbaar

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt 
LD50>10 000 [mg/kg] (oraal; rot) 
LC50>1 000 [mg/L] - 96 uur (vis)

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Dit kom in die natuur voor as die minerale rutiel, anataas en brookiet.

Kristalstrukture

TiO2 het verskeie kristalstrukture:

  1. Die tetragonale rutiel-struktuur, wat die argetipe van die C4-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.[3]
  2. Die tetragonale anataas-struktuur, die C5-argetipe.[4]
  3. Die ortorombiese brookiet-struktuur, die C21-argetipe.[5]

Rutiel is die stabiele fase en dit is wat bo 800 °C gevorm word. Sintese onder 350 °C lewer die amorfe vorm op, hierbo word anataas gevorm.[2]

Gebruike

TiO2 word in 'n uiters wye reeks kommersiële toepassings en navorsingsareas gebruik, insluitend:[2]

  1. As TiO2-poeier: as 'n wit pigment in verf, plastiek, ink, papier en skoonheidsmiddels; in waspoeier, tandepasta, sonskerm, voedsel, farmaseutiese produkte, fotografiese plate, vir die skep van sintetiese edelstene; en as katalisator.
  2. As TiO2 dun films: vir ultra-dun kapasitors en MOSFET's vanweë sy uiters hoë diëlektriese konstante; as humiditeit- en suurstofsensor vanweë die afhanklikheid van sy elektriese geleiding van die gasse teenwoordig; as 'n optiese deklaag en 'n materiaal vir golfleiers vanweë sy hoë brekingsindeks; as 'n beskermende, korrosiebestande laag; en as 'n fotoanode in sonselle vanweë sy foto-elektriese aktiwiteit.

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.