Tiridates III van Armenië
Tiridates (Trdat) III was koning van Armenië tot Shapur I hom in 252 uit sy land verdryf het. Hy het lank onder Romeinse beskerming in ballingskap geleef en is in 287 deur Diocletianus opnuut koning van Armenië gemaak. Hy het Christen geword en in 325 het hy bondgenoot van keiser Konstantyn geword, waardeur Armenië 'n biskop na die Konsilie van Nicea gestuur het.[1]
Verwysings
- Imperial Rome AD 284 to 363, Edinburgh history of ancient Rome Jill Harries Edinburgh University Press, 2012, ISBN 0-7486-5395-3, ISBN 978-0-7486-5395-9
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.