Tina Joemat-Pettersson

Tina Joemat-Pettersson (16 Desember 1963, Kimberley – 5 Junie 2023, Rondebosch, Kaapstad) was 'n Suid-Afrikaanse politikus wat twee keer kabinetportefeuljes in die Zuma-administrasie beklee het. Sy was van 2009 tot 2014 die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye en van 2014 tot 2017 die Minister van Energie.

Tina Joemat-Pettersson
Tina Joemat-Pettersson
Tina Joemat-Pettersson in 2012

Minister van Energie
Ampstermyn
25 Mei 2014  31 Maart 2017
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Ben Martins
Opgevolg deur Mmamoloko Kubayi

Minister van Landbou, Bosbou en Visserye
Ampstermyn
11 Mei 2009  25 Mei 2014
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Lulama Xingwana
Opgevolg deur Senzeni Zokwana

LUK vir Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming – Noord-Kaap
Ampstermyn
Mei 1999  Mei 2009
Premier Dipuo Peters
Voorafgegaan deur Dawid Rooi
Opgevolg deur Norman Shushu

LUK vir Onderwys – Noord-Kaap
Ampstermyn
Junie 1994  Mei 1999
Premier Manne Dipico
Voorafgegaan deur Nuwe portefeulje
Opgevolg deur Grizelda Cjiekella

LUK vir Onderwys, Kuns en Kultuur – Noord-Kaap
Ampstermyn
Mei 1994  Junie 1999
Premier Manne Dipico
Opgevolg deur Brian Hermanus as LUK vir Sport, Kuns en Kultuur

Persoonlike besonderhede
Gebore (1963-12-16)16 Desember 1963
Kimberley, Noord-Kaap, Suid-Afrika
Sterf 5 Junie 2023 (op 59)
Rondebosch, Kaapstad
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Politieke party Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party
African National Congress
Alma mater Universiteit van Wes-Kaapland
Universiteit van Kaapstad

Joemat-Pettersson het by die Hoërskool William Pescord gematrikuleer en 'n BA-graad in Engels en Geskiedenis aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf. In 2002 het sy 'n uitvoerende bestuursprogram aan die Nagraadse Bestuurskool van die Universiteit van Kaapstad voltooi. Terwyl sy studeer het, het Tina Joemat-Pettersson sedert 1987 reeds as 'n onderwyser by Pescodia Sekondêre Skool, Kimberley, gewerk. Sy raak in 1998 betrokke by die onderwysersvakbond, die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (SADOU).

In gesprek met Sjahril Sabaruddin, die Indonesiese ambassadeur in Suid-Afrika, het Joemat-Pettersson beweer dat sy 'n afstammeling van Kendal in Sentraal-Java is.

Sy is op 5 Junie 2023 by haar woning te Rondebosch in Kaapstad oorlede, te midde van bespiegelings oor haar moontlike selfdood.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.