Timorsee
Die Timorsee (Engels: Timor Sea, Indonesies: Laut Timor, Portugees: Mar de Timor) is 'n see van die Indiese Oseaan in Asië en Oseanië tussen Timor in die noordweste, die Noordelike Gebied en Wes-Australië (Australië) in die suidooste en die Ashmore- en Cartiereilande (Australië) in die weste. Die Timorsee grens aan die Floressee in die noordweste, die Bandasee in die noorde en die Arafurasee in die ooste. Die see het 'n oppervlakte van sowat 610 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 200 m.[1]
Timorsee | |
---|---|
Die Timorsee by Vessoru, Oos-Timor | |
Kaart van die Timorsee | |
Koördinate: | 11°S 127°O |
Ligging: | Australië, Indonesië, Oos-Timor |
Soort: | See van die Indiese Oseaan |
Oppervlakte: | 610 000 km² (235 000 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 200 m (650 vt) |
Maksimum diepte: | 3 300 m (10 800 vt) |
Lengte: | 420 km (260 myl) |
Eiland/e: | Ashmore- en Cartiereilande, Timor, Tiwi-eilande |
Nedersettings: | Darwin (Australië) |
Die belangrikste nedersetting aan die see is Darwin, die hoofstad van die Noordelike Gebied in Australië.
Verwysings
- "Timor Sea" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 29 Julie 2017.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Timorsee.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.