Tier (astrologie)

Die Tier (虎, yín) is die derde dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Tier word verbind met die Aardse taksimbool 寅.

Beskrywing

Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het hy gekla dat, hoewel hy goed kan swem, stromings in die water hom rivieraf laat dryf het. Hy kon dus net derde kom.

Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.

Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Tier is van 03:00 tot 05:00 – die tyd wanneer tiere hul prooi jag en hul wreedheid wys.

In Chinese simbologie word Tiere beskou as dapper, wreed, kragtig, statig en vreesaanjaend; dit is die simbool van mag en vorstelikheid.

Jare en die Vyf Elemente

Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Tier gebore, met ook die volgende elementêre teken:[1][2]

BegindatumEinddatumHemelse tak
13 Februarie 19261 Februarie 1927Vuurtier
31 Januarie 193818 Februarie 1939Aardtier
17 Februarie 19505 Februarie 1951Metaaltier
5 Februarie 196224 Januarie 1963Watertier
23 Januarie 197410 Februarie 1975Houttier
9 Februarie 198628 Januarie 1987Vuurtier
28 Januarie 199815 Februarie 1999Aardtier
14 Februarie 20102 Februarie 2011Metaaltier
1 Februarie 202221 Januarie 2023Watertier
19 Februarie 20347 Februarie 2035Houttier

Tiere en hul maats

Teken Beste maats Gemiddelde maats Slegte maats
TierTier, Hond, PerdVark, Konyn, Bok, Slang, Haan, Os, Draak, RotAap

Basiese astrologiese elemente

Aardse tak van geboortejaarJin
Die Vyf ElementeHout
Jin/jangJang
Maanmaand1ste
Gelukkige nommers1, 3, 4; vermy: 6, 7, 8
Gelukkige blommeCineraria
Gelukkige kleuregrys, wit, blou, pers, oranje; vermy: goud, silwer, bruin, swart
SeisoenLente
Naaste Westerse tekenWaterdraer

Sien ook

Verwysings

  1. "When is Chinese New Year?" (in Engels). pinyin.info. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020. Besoek op 13 Maart 2018.
  2. "Chinese Zodiac - Tiger" (in Engels). Your Chinese Astrology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2020. Besoek op 13 Maart 2018.

Eksterne skakels

Vorige teken
Os (丑)
Tier (寅) Volgende teken
Konyn (卯)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.