Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur

Die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur is ’n letterkundige prys wat sedert 1969 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken word aan ’n skrywer of skryfster wat gedurende ’n tydperk die beste werk van bevredigende gehalte in Afrikaans gelewer het in die genre kleuterliteratuur – dit wil sê kinders onder agt jaar. Sedert 1976 word die prys driejaarliks toegeken.

Die prys is ingestel deur dr. J.E. Holloway en is genoem na sy vrou, Tienie, wat een van die bekendste skrywers van kleuterverse in Afrikaans.

Lys van wenners

  • 1970M.E.R. (Karlien en Kandas)
  • 1971Pieter W. Grobbelaar (al sy kleuterboeke)
  • 1973Freda Linde (Jos en die bok)
  • 1976Hester Heese (al haar kleuterboeke)
  • 1979Tienie Holloway (postuum) (Rympies van Tienie Holloway en Versies van Tienie Holloway)
  • 1982 – Hester Heese (Sy wat die soen op haar voorkop dra)
  • 1985 – Freda Linde (Die keiserkroon)
  • 1988Rona Rupert (Nou wil almal sien)
  • 1991Corlia Fourie (Die meisie wat soos ’n bottervoël sing)
  • 1994Elizabeth van der Merwe (Kaljander van die Karoo)
  • 1997Marita van der Vyver (outeur) en Piet Grobler (illustreerder) (Olinosters op die dak)
  • 2000Verna Vels (Liewe Heksie en die rekenaar en ander nuwe Liewe Heksie stories)
  • 2003Martie Preller (Babalela en Lisa het ’n plan)
  • 2006 – Martie Preller (outeur) en Erica en Andries Maritz (illustreerders) (Diep, diep in die donker bos)
  • 2009Alana Bailey (outeur) en Emily Bornhoff (illustreerder) (Die prinses van die Afrikavlaktes)
  • 2012Theresa van Baalen (outeur) en Joan Rankin (illustreerder) (Aspris-krokkedis)
  • 2015Ingrid Mennen (Ben en die walvisse)[1]
  • 2018Jaco Jacobs (outeur) en Karen Lilje (illustreerder) (Grom)[2]
  • 2021Fanie Viljoen (outeur) en Tumi K. Steyn (illustreerder) (Die dag toe die draak kom)[3]

Bron

Verwerk vanaf akademie.co.za.

Verwysings

  1. "Akademiepryse 2015" (pdf). SA Akademie. 2015. Besoek op 1 Julie 2016.[dooie skakel]
  2. Prinsloo, Dionē (13 April 2018). "SA Akademiepryse 2018" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (pdf) op 21 Desember 2018. Besoek op 20 Mei 2019.
  3. "SA Akademiepryse 2021" (PDF). SA Akademie. 16 April 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 6 Mei 2021. Besoek op 6 Mei 2021.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.