Thomas Hobbes
Thomas Hobbes (1588 - 1679) was 'n Engelse filosoof wat vandag onthou word vir sy werk rakende politiese filosofie. Sy 1651-boek, Leviathan, het die fondasie gevestig vir die meerderheid Westerse politieke filosofie uit die oogpunt van "sosiale kontrak"-teorie.
Thomas Hobbes | |
![]() | |
Gebore | 5 April 1588 Westport naby Malmesbury, Wiltshire, Engeland |
---|---|
Oorlede | 4 Desember 1679 (op 91) Derbyshire, Engeland |
Nasionaliteit | ![]() |
Vakgebied | Politieke filosofie, geskiedenis, etiek, meetkunde |
Beïnvloed deur | Aristoteles, Thucydides, Tacitus, René Descartes, Grotius, Niccolò Machiavelli |
Invloed op | Westerse politieke filosofie en sosiologie |
Hobbes het ook aan 'n wye verskeidenheid ander vakgebiede bygedra, waaronder geskiedenis, meetkunde, die fisika van gasse, teologie, etiek, algemene filosofie en politieke wetenskap. Hy het tydens die Engelse Burgeroorlog gelewe en die geweld en wetteloosheid van sy tyd het hom sterk beïnvloed.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.