Thom Yorke
Thomas Edward "Thom" Yorke (gebore 17 Oktober 1968 in Wellingborough, Northamptonshire, Engeland) is meestal bekend as die hoofsanger van die musiekgroep Radiohead. Hy het ook as solo kunstenaar 'n CD genaamd "The Eraser" in Julie 2006 vrygestel. Die CD is sterk deur elektroniese musiek beïnvloed. Hy bespeel talle instrumente, meestal elektriese of akoestiese kitaar en klavier en ander klawerinstrumente, maar het ook al baskitaar en tromme gespeel vir Radiohead.
Thom Yorke | |
---|---|
Thom Yorke op die Verhoog | |
Agtergrondinligting | |
Ook bekend as | Dr. Tchock, Tchocky |
Gebore | 17 Oktober 1968 Wellingborough, Northamptonshire, Engeland |
Genres | Electronica |
Beroep(e) | Musikant, Kunstenaar |
Instrumente | Stem, Kitaar, Klavier, Keyboard |
Jare aktief | 1991 – hede |
Etikette | XL, TBD |
Assosiasies | Radiohead |
Bronne
- Hierdie teks is 'n gedeeltelike vertaling vanuit hierdie Wikipedia-artikel (en) .
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.