Theodor Seitz
Theodor Seitz (12 September 1863 - 28 Maart 1949) was die laaste Goewerneur van Duits-Suidwes-Afrika. Hy is in Seckenheim, Duitsland gebore. Nadat hy aangesluit het by koloniale diens word hy in 1895 distriksbeampte in die Kameroen. In 1900 word hy aangestel in die Departement Kolonies in Berlyn en in 1907 as Goewerneur van Kameroen. In 1910 word hy Goewerneur van Duits-Suidwes-Afrika tot 1915 met die oorgawe aan die Suid-Afrikaanse magte by Khorab.
Theodor Seitz | |
Reichskommissar van Duits-Suidwes-Afrika | |
Ampstermyn 1910 – 1915 | |
Voorafgegaan deur | Bruno von Schuckmann |
---|---|
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 12 September 1863 Seckenheim, Baden |
Sterf | 28 Maart 1949 Baden-Baden |
Bron
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Theodor Seitz.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.