Thebe, Griekeland
Thebe (Antieke Grieks: Θῆβαι, Thēbai, Moderne Grieks: Θήβα, Thiva), is 'n stad in Griekeland, geleë aan die noordekant van die Kithaeron-bergreeks, wat Boiotië skei van Attika, en aan die suidelike rand van die Boiotiese vlakte. Dit het 'n belangrike rol in Griekse mitologie gespeel, as die ligging van die verhale van Kadmos, Oedipos, Dionysos en andere. Argeologiese uitgrawing in en rondom Thebe het 'n Mykeense nedersetting en kleitablette onthul, in die B-lineêre skriftipe, aanduidend van die Bronstydse belang van die ligging. In antieke tye, was Thebe die grootste stad van die streek Boiotië en leier van die Boiotiese konfederasie. Dit was 'n oortuigde teenstander van antieke Athene, en het hul by die Perse geskaar tydens die inval van 480 v.C. onder leiding van Ahasveros. Thebaanse magte het die mag van Sparta tot 'n val gebring in die Veldslag van Leuktra in 371 v.C., onder leiding van hul aanvoerder Epaminondas. Die Heilige Troep van Thebe ('n elite militêre eenheid) het opspraakwekkend gesneuwel in die slag van Chaironeia in 338 v.C. teen Philippos II en Alexander die Grote. Voor die uitdelging deur Alexander in 335 v.C., was Thebe 'n leidende mag in Griekse geskiedenis, en was tydens die Makedoniese verowering van Griekeland die mees dominante stadstaat. In die Bisantynse era was die stad 'n erkenne verskaffer van systowwe. Die moderne stad beskik oor 'n argeologiese museum, die oorblyfsels van die Kadmea (Bronstyd en latere vestings), en verstrooide antieke artefakte. Moderne Thebe is die grootste dorp van Boiotië. Dit is geleë langs hoofweg E962, sowat 4 km suid van die aansluiting met die E75.
Thebe Θήβα | |
---|---|
Stad | |
Oorblyfsels van die Kadmea, die sentrale skanswerke van antieke Thebe | |
Thebe | |
Koördinate: 38°19′N 23°19′O | |
Land | Griekeland |
Streek | Sentraal-Griekeland |
Streeks-eenheid | Boeotia |
Oppervlak | |
• Totaal | 822,9 km2 (318 vk. myl) |
Hoogte | 215 m (705 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 37 524 |
• Digtheid | 46/km2 (118/vk. myl) |
Poskode | 32200 |
Skakelkodes | 22620 |
Webwerf | www.thiva.gr |