Thai
Thai (ภาษาไทย, phasa thai ) is 'n Tai-Kadai-taal wat deur sowat 20 miljoen mense in Thailand gepraat word. Thai is die amptelike taal van Thailand en is verwant aan Laosiaans. Dit is voor Laosiaans die mees gesproke Tai-Kadai-taal en die tweede belangrikste inheemse taal van Indo-China ná Viëtnamees. Thai word in die Thai-skrif geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie.
- Hierdie artikel handel oor die taal in Suidoos-Asië. Vir die etniese groep, sien Thai (volk).
Thai ภาษาไทย phasa thai | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Thailand | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 20 miljoen (moedertaal) 40 miljoen (tweede taal)[1] | |
Rang: | 45 | |
Taalfamilie: | Tai-Kadai Kam-Tai Tai Thai | |
Skrifstelsel: | Thai-skrif | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Thailand | |
Gereguleer deur: | Die Koninklike Instituut | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | th | |
ISO 639-2: | tha | |
ISO 639-3: | tha | |
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Thai" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 11 Oktober 2015.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Thai.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Thai.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.