Thabong

Thabong (beteken "plek van geluk" in Suid-Sotho) is 'n groot nedersetting op die goudvelde van die Vrystaatprovinsie in Suid-Afrika. Die dorp is gestig gedurende die jare van skeiding van wit en swart mense; asook die dorp van Bronville vir bruin mense aangrensend aan die stad Welkom, om werkers te huisves wat in die wêreld se rykste goudmyne gewerk het.

Thabong
Boitumelo Junction winkelsentrum in Dr Phakathirylaan, Thabong
Boitumelo Junction winkelsentrum in Dr Phakathirylaan, Thabong
Thabong is in Vrystaat
Thabong
Thabong
 Thabong se ligging in Vrystaat
Koördinate: 27°58′0″S 26°48′40″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikLejweleputswa
MunisipaliteitMatjhabeng
Oppervlak
  Totaal29,45 km2 (11,37 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal126 013
  Digtheid4 279/km2 (11 080/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense0.1%
  Indiërs/Asiërs0.2%
  Bruin mense0.3%
  Swart mense99.3%
  Ander0.1%
Taal (2011)
  Suid-Sotho 71.7%
  Xhosa 15.7%
  Zoeloe 2.5%
  Engels 2.3%
  Ander 7.8%

Die dorp vorm deel van die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit in die Lejweleputswa-distriksmunisipaliteit, wat insluit Welkom. Die dorp bestaan uit 'n verskeidenheid mense as gevolg van werkers wat uit verskeie lande soos Lesotho, Zimbabwe, Mosambiek, ens. kom werk het in die myne van Goldfields. Die mees gesproke taal in Thabong is Sotho gevolg deur Xhosa.

Bevolkingsverdeling

Vandag het die townships van Thabong en Bronville 'n bevolking van ongeveer 200 000 inwoners. Gewoonlik word verwys na Thabong, met sy 49 onderdele, as die kombinasie van beide Thabong en Bronville ('n voormalige Bruin township) al word Bronville as 'n onafhanklike dorp van Welkom geklassifiseer.

Verwysings

  1. "Hoofplek Thabong". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.