Thaba Bosigo
Thaba Bosigo (ook Thaba Bosiu gespel) is 'n tafelkopberg in Lesotho. Die naam beteken Berg van die nagte.
Thaba Bosigo | |
---|---|
Thaba Bosiu soos gesien van sy noordelike hange. | |
Ligging | Maseru, Lesotho |
Hoogte | 1 804 meter bo seevlak |
Koördinate | 29°21′S 27°40′O |
Thaba Bosigo |
Geskiedenis
Die opperhoof van die Basoeto's Moshoeshoe het in 1832 sy hoofkraal bo-op die berg opgerig. Dit is deur die Zoeloes en ander stamme aangeval, maar is nooit oorwin nie. Gedurende die 1865 Basoeto-oorlog het die Vrystaatse burgers onder Louw Wepener probeer om die kraal in te neem. Hulle aanval is egter afgeslaan en Wepener is gedood. Die meeste Basoeto hoofmanne is op Thaba Bosigo begrawe.[1]
Verwysings
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Thaba Bosigo.
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967. Eric Rosenthal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.