Tetrose

'n Tetrose is 'n monosakkaried met 4 koolstofatome. Dit kan óf 'n aldehied funksionele groep hê, as die karbonielgroep in posisie 1 is (aldotetrose) óf 'n ketoon funksionele groep, as die karbonielgroep in posisie 2 is (ketotetrose).[1][2]

Die aldotetrose het twee chirale sentrums (asimmetriese koolstofatome) en dus is 4 verskillende stereoisomere moontlik. Daar is twee stereoisomere wat in die natuur voorkom: die enantiomere van erythrose en threose met die D opset - die L enantiomere kom nie in die natuur voor nie. Die ketotetroses het slegs een chirale sentrum en dus is daar slegs twee moontlike stereoisomere: erythrulose (L- en D-vorm). Weereens is slegs die D enantiomeer in die natuur teenwoordig.

Verwysings

  1. Lindhorst, Thisbe K. (2007). Essentials of Carbohydrate Chemistry and Biochemistry (1 uitg.). Wiley-VCH. ISBN 3-527-31528-4.
  2. Robyt, John F. (1997). Essentials of Carbohydrate Chemistry (1 uitg.). Springer. ISBN 0-387-94951-8.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
   
Klik vir info oor hierdie sjabloon.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.