Tetrachlorosinkaat
'n Tetrachlorosinkaat is 'n sout wat die komplekse anioon ZnCl42- bevat.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Tetrachlorosinkaat |
Termochemiese radius | 3,06(19) Å[1] |
Lys van anione |
Die anioon het die vorm van 'n tetraëder en die oksidasietoestand van die sentrale atoom is 2+.
'n Sout soos kaliumtetrachlorosinkaat kan eenvoudig gevorm word deur die indamp van 'n oplossing wat KCl en ZnCl2 in 'n molêre verhouding 2:1 bevat. [2]
Egter ook sterk oplossings van ZnCl2 bevat hierdie ioon. Die trihidraat ZnCl2.3H2O is benede 8oC 'n vastestof wat bestaan uit die Zn(H2O)62+-katioon en die tetrachlorosinkaat-anioon. By kamertemperatuur is dit 'n vloeistof, maar dit bestaan nog uit dieselfde ione en is daarmee 'n ioniese vloeistof. [3] Die vastestof kan geskryf word as ZnZnCl4.6H2O en is isostruktureel met MgZnCl4.6H2O.[4]
Sien ook
Verwysings
- Thermochemical Radii of Complex Ions Helen K. Roobottom, H. Donald B. Jenkins, Jack Passmore, Leslie Glasser Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570
- Ibrahim Mikhail, Karl Peters The structure of Potassium Tetrachlorozincate Acta Cryst. (1979), B35, 1200-1201
- Robert J. Wilcox et al. Crystalline and Liquid Structure of Zinc Chloride Trihydrate: A Unique Ionic Liquid, Inorg. Chem., 2015, 54 (3), pp 1109–1119
- Rumen Duhlev, Josef Macicek Structure of Magnesium Zinc Tetrachloride Hexahydrate MgZnCl4.6H2O
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.