Tetis (maan)
Tetis (Grieks: Τηθύς; ook Saturnus III) is 'n natuurlike satelliet van die planeet Saturnus. Die maan is vernoem na die Titaan Tetis, die vrou van Okeanos, en is op 21 Maart 1684 ontdek deur Giovanni Cassini, saam met Dione.
Tetis, soos afgeneem deur die Cassini-wenteltuig in 1981. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Giovanni Cassini |
Datum | 21 Maart 1684 |
Alternatiewe name | Saturnus III |
Wentelbaaneienskappe | |
Halwe lengteas | 294 619 km |
Wentelperiode | 1,887 802 dae |
Baanhelling | 1,12° (tot Saturnus se ewenaar) |
Satelliet van | Saturnus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 1076,8 × 1057,4 × 1052,6 km[1] |
Gem. radius | 531,1 ± 0,6 km (0,083 Aardes)[1] |
Massa | (6,174 49 ± 0,001 32)×1020 kg[2] (1,03×10-4 Aardes) |
Gem. digtheid | 0,984 ± 0,003 g/cm³ [1] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,147 m/s² |
Ontsnapping- snelheid | 0,394 km/s |
Rotasieperiode | sinchronies[3] |
Ashelling | geen |
1,229 ± 0,005 (geometries)[4] 0,80 ± 0,15 (bond)[5] 0,67 ± 0,11 (bolometrese bond)[6] | |
Temperatuur | 86 ± 1 K[7] |
Skynmagnitude | 10,2[8] |
Net soos die mane Dione en Rea is Tetis 'n ysliggaam. Dit kan afgelei word uit sy digtheid: 1,21 g/cm3. Tetis se oppervlak het talle kraters wat deur meteoriete veroorsaak is. Die gemiddelde temperatuur op die oppervlak van die maan is -187°C.
In die westelike halfronde is daar 'n reusekrater genaamd Odusseus, met 'n deursnit van 400 kilometer. Die bodem van krater is egter redelik vlak en vorm 'n konveks, parallel met die kromming van Tetis self. Die deursnit van Tetis is 1600 km.
'n Tweede geologiese verskynsel is die vallei Ithaca Chasma, wat 'n diepte van 3 tot 5 km het, 'n breedte van 100 km en 'n lengte van 2000 km. Daar word aangeneem dat die vallei ontstaan het toe die kern van Tetis gevreis het: die ys het uitgesit en die mantel van die maan geskeur. Dit is ook moontlik dat die impak wat Odysseus veroorsaak het 'n skokgolf veroorsaak het wat die mantel aan die ander kant van die maan geskeur het, en sodoende die vallei geskep het.
Verwysings
- Roatsch Jaumann et al. 2009, p. 765, Tables 24.1–2.
- Jacobson Antreasian et al. 2006.
- Jaumann Clark et al. 2009, p. 659.
- Verbiscer French et al. 2007.
- Jaumann Clark et al. 2009, p. 662, Table 20,4.
- Howett Spencer et al. 2010, p. 581, Table 7.
- Stone & Miner 1982.
- Observatorio ARVAL.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tetis (maan).