Teragreep

'n Teragreep (Engels: terabyte), afgekort TB, is 1000 gigagrepe.

Hoeveelhede van grepe
SI-voorvoegsels Binêre voorvoegsels
Simbool
(naam)
Standaard-
gebruik
Historiese
gebruik
Simbool
(naam)
Waarde
kG (kilogreep)10001=10310241 KiG (kibigreep)210
MG (megagreep)10002=10610242 MiG (mebigreep)220
GG (gigagreep)10003=10910243 GiG (gibigreep)230
TG (teragreep)10004=101210244 TiG (tebigreep)240
PG (petagreep)10005=101510245 PiG (pebigreep)250
EG (eksagreep)10006=101810246 EiG (eksbigreep)260
ZG (zettagreep)10007=102110247 ZiG (zebigreep)270
YG (jottagreep)10008=102410248 YiG (jobigreep)280

Die teragreep is 'n veelvoud van die eenheid greep vir digitale inligting. Die voorvoegsel tera verteenwoordig die vierde mag van 1000, en beteken 1012 in die Internasionale Stelsel van Eenhede (SI). Dus is een teragreep een biljoen grepe.

1 TB = 1 000 000 000 000 grepe = 1012 grepe = 1000 gigagrepe.

'n Verwante eenheid, die tebigreep (TiB), met behulp van 'n binêre voorvoegsel, is die ooreenstemmende 4de krag van 1024. Een teragreep is omtrent 0,9095 tebigrepe of 931 gibigrepe.

Voorbeelde van teragreep-grootte stoorplek

  • Biblioteekdata: Die Amerikaanse Kongresbiblioteek se "Web Capture"-span beweer dat hulle meer as 525 teragrepe se webargiefdata versamel het.
  • Rekenaarhardeware: Hitachi het die wêreld se eerste een-teragreephardeskyf in 2007 vrygestel.
  • Historiese internetverkeer: In 1993 het die totale internetverkeer ongeveer 100 TB vir die jaar beloop. Met ander woorde, die hoeveelheid internetverkeer per sekonde in 2008 oortref al die internetverkeer van 1993.
  • Sosiale netwerke: In Mei 2009 het Yahoo! Groups "40 teragrepe van data om te indeks" bevat.
  • Klimaatwetenskap. In 2010 het die Duitse Klimaatberekeningsentrum (DKRZ) 10 000 TB-data per jaar gegenereer, m.b.v. 'n superrekenaar met 'n 20 TB-geheue en 7 000 TB-skyfspasie.
  • Audio: Een teragreep se klank aangeteken teen CD-gehalte bevat ongeveer 2000 ure se klank.
  • Die Hubble-ruimteteleskoop het meer as 45 teragrepe se data ingesamel in sy eerste 20 jaar van waarnemings.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.