Tennessien

Tennessien is ’n superswaar, kunsmatige element met die atoomgetal 117 en simbool Ts. Dit is die tweede swaarste bekende element en die tweede laaste element van die 7de periode op die periodieke tabel.

117 livermorium tennessien oganesson
At

Ts

(Usu)
Algemeen
Naam, simbool, getal tennessien, Ts, 117
Chemiese reeksonbekend; moontlik ’n
hoofgroepmetaal
Groep, periode, blok 17, 7, p
Voorkomswaarskynlik donker en
metaalagtig
Atoommassa(314) g/mol
Elektronkonfigurasievoorspel; [Rn] 5f14 6d10 7s2 7p5
Elektrone per skil2, 8, 18, 32, 32, 18, 7
CAS-registernommer54101-14-3
Fisiese eienskappe
Toestandvermoedelik 'n vastestof[1][2]
Digtheid (naby k.t.)afgelei; 7,1–7,3 g/cm³
Smeltpunt623–823 K
(350–550 °C)
Kookpunt883 K
(610 °C)
Atoomeienskappe
Oksidasietoestandevoorspel;[1][3] -1, +1, +3, +5
Ionisasie-energieë 1ste: 742,9 kJ/mol
2de: 1785,0–1920,1 kJ/mol
Geskiedenis
Ontdek2010
Ontdek deurGesamentlike Instituut vir
Kernnavorsing, Doebna, Rusland
Genoem nadie Tennessee-streek, VSA
Datum van naamNovember 2016
Vorige naamununseptium (Uus)
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van tennessien
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
294Ts[4] sin 50 ms α 10,81 290Mc
293Ts[5] sin 20 ms α 11,11; 11,00; 10,91 289Mc
Portaal Chemie

Die ontdekking van tennessien is in 2010 in Doebna, Rusland, aangekondig deur ’n Russies-Amerikaanse span; dit is dus die mees onlangs ontdekte element (soos in 2017). Die nuwe element het soos volg verval:[6]

Een van sy vervalprodukte is in 2011 regstreeks geskep en dit het die resultate van die eksperiment gedeeltelik bevestig. Die eksperiment self is in 2012 suksesvol herhaal deur dieselfde span en in 2014 deur ’n gesamentlike Duits-Amerikaanse span. In 2015 het ’n gesamentlike span van die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie (IUSTC) en die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Fisika (IUSTF)) wat bewerings van die ontdekking van nuwe elemente ondersoek, die element erken. In Junie 2016 het die IUPAC ’n verklaring gepubliseer waarin aangekondig word die ontdekkers het die naam "tennessien" voorgestel na aanleiding van die Amerikaanse streek Tennessee in Amerika.[nota 1]

Tennessien val dalk in die "eiland van stabiliteit", ’n begrip wat verduidelik hoekom sommige superswaar elemente stabieler is in vergelyking met die algemene neiging van afnemende stabiliteit vir elemente ná bismut op die periodieke tabel. Die kunsmatige tennessienatome het tiene en honderde millisekondes lank bestaan. Op die periodieke tabel word verwag tennessien val in groep 17, waarvan al die ander elemente halogene is. Tennessien is egter dalk nie ’n halogeen nie.[7] Sommige van sy eienskappe kan aansienlik verskil van dié van die halogene vanweë die relativistiese effekte. Daarom word vermoed tennessien is ’n vlugtige metaal wat nie anione vorm of hoë oksidasietoestande bereik nie. ’n Paar sleuteleienskappe, soos sy smelt- en kookpunt en sy eerste ionisasie-energie, volg egter vermoedelik die periodieke neigings van die halogene.

Notas

  1. In die IUPAC-verklaring word "die bydrae van die Tennessee-streek" genoem, onder meer die Oak Ridge Nasionale Biblioteek, die Vanderbilt-universiteit en die Universiteit van Tennessee by Knoxville tot navorsing oor superswaar elemente. In November 2016 het hulle die naam "tennessien" amptelik aanvaar.

Verwysings

  1. Hoffman, D. C.; Lee, D. M.; Pershina, V. (2006). "Transactinides and the future elements". In Morss; Edelstein, N. M.; Fuger, J. (reds.). The Chemistry of the Actinide and Transactinide Elements (3de uitg.). Springer Science+Business Media. pp. 1652–1752. ISBN 1-4020-3555-1.
  2. Bonchev, D.; Kamenska, V. (1981). "Predicting the Properties of the 113–120 Transactinide Elements". Journal of Physical Chemistry. 85 (9): 1177–1186. doi:10.1021/j150609a021.
  3. Fricke, B. (1975). "Superheavy elements: a prediction of their chemical and physical properties". Recent Impact of Physics on Inorganic Chemistry. 21: 89–144. doi:10.1007/BFb0116498. Besoek op 4 Oktober 2013.
  4. Oganessian, Yu. Ts.; et al. (2013). "Experimental studies of the 249Bk + 48Ca reaction including decay properties and excitation function for isotopes of element 117, and discovery of the new isotope 277Mt". Physical Review C. 87 (5): 054621. Bibcode:2013PhRvC..87e4621O. doi:10.1103/PhysRevC.87.054621.
  5. Khuyagbaatar, J.; Yakushev, A.; Düllmann, Ch. E.; et al. (2014). "48Ca+249Bk Fusion Reaction Leading to Element Z=117: Long-Lived α-Decaying 270Db and Discovery of 266Lr". Physical Review Letters. 112 (17): 172501. doi:10.1103/PhysRevLett.112.172501.
  6. Oganessian, Yu. Ts.; Abdullin, F. Sh.; Bailey, P. D.; Benker, D. E.; Bennett, M. E.; Dmitriev, S. N.; Ezold, J. G.; Hamilton, J. H.; Henderson, R. A. (2010). "Synthesis of a New Element with Atomic Number Z=117". Physical Review Letters. American Physical Society. 104 (142502). Bibcode:2010PhRvL.104n2502O. doi:10.1103/PhysRevLett.104.142502. PMID 20481935. {{cite journal}}: Onbekende parameter |displayauthors= geïgnoreer (hulp)
  7. "Superheavy Element 117 Confirmed – On the Way to the "Island of Stability"" (in Engels). GSI Helmholtz Centre for Heavy Ion Research. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op 26 Julie 2015.

Bronnelys

  • Thayer, J.S. (2010). Relativistic Effects and the Chemistry of the Heavier Main Group Elements. p. 63. doi:10.1007/978-1-4020-9975-5_2. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • Stysziński, J. (2010). Why do we need relativistic computational methods?. doi:10.1007/978-1-4020-9975-5_3. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • Pershina, V. (2010). Electronic structure and chemistry of the heaviest elements. doi:10.1007/978-1-4020-9975-5_11. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)

Eksterne skakels

H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloïde Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.