Televoering

Televoering, ook teleportering of teleportasie (vanaf Grieks: τῆλε tele, "afgeleë" en Latyns portare, "dra", "bring"), is die oordrag van materie van die een plek na 'n ander sonder om die fisiese ruimte tussen hulle te betree. Bykans op dieselfde oomblik verdwyn 'n voorwerp op een plek en verskyn op 'n ander.

Star Trek se teleporteerder.
Charles Fort, Amerikaanse skrywer wat die term geskep het.

'n Denkbeeldige masjien wat in die wetenskapsfiksieverhale gebruik word, staan bekend as die televoerder of teleporteerder. Die term is die eerste keer in 1931 deur die Amerikaanse skrywer en joernalis Charles Fort gebruik en is veral bekend uit Star Trek "Beam me up, Scotty!".

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.