Teeleend
Die teeleend (Anas capensis) is 'n algemene standvoël in Suidelike Afrika.
Teeleend | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. capensis |
Binomiale naam | |
Anas capensis Gmelin, 1789 | |
Identifikasie
Grootte: 44–48 cm. Hierdie eend is die vaalste eend wat in Suid-Afrika voorkom. Die teeleend is hoofsaaklik grys met 'n bruin rug en pienk op die snawel. Die eend het 'n gespikkelde kop. Jong voëls besit nie die rooskleurige kleur op die snawel nie.
Habitat
Die habitat is oop areas van vars- sowel as soutwater. Hulle verkies vlak water en kom in klein swerms voor.
Dieet
Voedsel bestaan uit waterplante sowel as klein ongewerwelde gediertes.
Broeigewoontes
Die nes is altyd op die grond, naby die water en uitgevoer met dons.
Verspreiding
Die teeleend kom in die meeste dele van Suidelike Afrika voor, maar hoofsaaklik in die droë weste van die streek. Veral Wes-Kaapland.
Ander name
- Engelse naam: Cape Teal
- Wetenskaplike naam: Anas capensis
Sien ook
Bronnelys
- KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2898-2899, ISBN 0 7981 0836 3
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.