Tau Ceti f

Tau Ceti f is ’n onbevestigde eksoplaneet wat dalk om die Sonagtige ster Tau Ceti wentel op ’n afstand van 11,905 ligjare van die Son af. Dit is die vyfde naaste planeet aan die ster. Dit is merkwaardig vanweë sy eienskappe as superaarde en ’n wentelbaan in Tau Ceti se uitgebreide bewoonbare sone.[2]

Tau Ceti f
Eksoplaneet
Die ligging van die ster Tau Ceti in Cetus.
Die ligging van die ster Tau Ceti in Cetus.
Soort planeetSuperaarde
MoedersterTau Ceti
Ster se eienskappe
SterrebeeldWalvis
Regte klimming01h 44m 05s
Deklinasie-15° 56 15
Skynmagnitude (m)3,5
Afstand (ligjaar)11,905
Metaalinhoud−0,55 ± 0,05
Ouderdom5,8 miljard jaar
SpektraaltipeG8.5V
Planeet
Massa6,6 M
Wentelperiode642 ± 30 dae[1]
Ontdekking
Datum19 Desember 2012
OntdekkersTuomi et al.
MetodeRadiale snelheid
StatusOnbevestig
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Ontdekking

Nes die ander vier planete van Tau Ceti is die planeet waargeneem danksy skommelings in die ster se radiale snelheid.[1] Weens dié ontdekkingsmetode is min van sy eienskappe bekend buiten sy wentelbaan en massa. Dit wentel elke 642 dae om die ster en het ’n minimum massa van 6,6 aardmassas, wat beteken dit is ’n superaarde.

As Tau Ceti f ’n aardplaneet is, sal dit waarskynlik minstens 2,3 keer so groot soos die Aarde wees. As dit ’n aardagtige atmosfeer het, sal die temperatuur op die oppervlak sowat -40 °C (233 K) wees. As die atmosfeer digter is, kan ’n sterker kweekhuiseffek geskep word en kan dit dus warmer wees – tussen 0 °C en 50 °C, warm genoeg om ingewikkelde lewe te onderhou.

Sien ook

Verwysings

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. Tuomi, M. (2013). "Signals embedded in the radial velocity noise: Periodic variations in the tau Ceti velocities" (PDF). Astronomy & Astrophysics. 551 (preprint): A79. arXiv:1212.4277. Bibcode:2012yCat..35519079T. doi:10.1051/0004-6361/201220509.
  2. Planetary Habitability Laboratory @ UPR Arecibo (19 Desember 2012). "Two Nearby Habitable Worlds?". Persberig. Archived from the original on 8 Maart 2021. https://web.archive.org/web/20210308051741/http://phl.upr.edu/press-releases/twonearbyhabitableworlds. Besoek op 2013-12-28.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.