Taren Point

Taren Point is 'n woonbuurt in die suide van Sydney in die deelstaat Nieu-Suid-Wallis in Australië. Taren Point is sowat 20 km suid van Sydney se sentrale sakekern geleë in die plaaslike regeringsgebied van die Sutherland Shire.

Taren Point
Voorstad
Taren Point se openbare skool
Taren Point
Ligging van Taren Point in Nieu-Suid-Wallis
Koördinate: 34°01′09″S 151°07′13″O
Land Australië
Deelstaat Nieu-Suid-Wallis
StadSydney
Bevolking
  Totaal10 098
TydsoneUTC+10:00 (AEST)
Poskode
2229

Taren Point is 'n klein woonbuurt wat omring word deur die woonbuurte van Sylvania Waters en Caringbah. Taren Point is op die skiereiland waar die Captain Cook-brug die Georges-rivier oorsteek na Sans Souci in die St George gebied.

Die Taren Point buurt bevat 'n mengsel van woon-, sake- en nywerheidsgebiede. Die woongebied is langs die oewer van die Georges-rivier geleë waar dit uitmond in Botanybaai. Die meeste sake- en nywerheidsgebiede is rondom Taren Point Road geleë en aan die ooste in Woolooware Bay se rigting.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.