Tantalos
Tantalos (Grieks: Τάνταλος) was die heerser van die stad "Tantalis", genoem na homself,[1] of "Sipylus", genoem na Berg Sipylus waar die stad geleë was.[2]
Mitologie
In die Griekse mitologie was Tantalos die pa van Pelops, Niobe en Broteas, en die seun van Zeus en die nimf Plouto. Hy het later ’n inwoner geword van Tartaros, die plek in die onderwêreld waarheen die grootste oortreders gestuur is. Dis hier waar Odusseus hom gesien het.[3]
Tantalos is aanvanklik verwelkom aan Zeus se tafel op Berg Olimpus. Daar het hy hom wangedra en godespys en nektar gesteel om aan sy mense te gee.[4] Hy het ook geheime van die gode verklap.[5]
Pelops
Tantalos was die bekendste daarvoor dat hy sy seun Pelops aan die gode geoffer het. Hy het hom in stukke gesny, gekook en as kos vir die gode voorgesit. Hulle het egter daarvan geweet en dit nie geëet nie. Net Demeter, wat ontsteld was oor die verlies van haar dogter, Persephone, het nie besef wat dit was nie en het ’n stuk van die seun se skouer geëet. Clotho, een van die drie Skikgodinne, het die seun op Zeus se bevel weer lewend gemaak (sy het die dele bymekaargemaak en hulle in ’n heilige pot gekook). 'n Skouer van ivoor is deur Hefaistos gemaak en deur Demeter aan hom gegee. Poseidon het Pelops toe gevange geneem en na Olimpus gevat. Later het Zeus Pelops van Olimpus weggestuur weens sy woede jeens Tantalos.
Tantalos se straf vir sy daad was om in ’n poel onder ’n vrugteboom te staan. Sodra hy vrugte wou pluk om te eet, het die takke buite sy bereik geswaai; as hy wou water drink, het die water weggevloei.
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Tantalus
- George Perrot (2007). History Of Art In Phrygia, Lydia, Caria And Lycia p. 62 ISBN 978-1-4067-0883-7 (in Frans en Engels). Marton Press.
- James George Frazer (1900–1913). Pausanias, and other Greek sketches, later genoem Pausanias's Description of Greece ISBN 1-4286-4922-0, ISBN 978-1-4286-4922-4. Kessinger Publishing Company.
{{cite book}}
: CS1 maint: date format (link) - Odussee xi.582-92; Tantalos se sondes word nie genoem nie, Homerus se aanhangers moes dit in die 8ste eeu al geken het.
- Pindar, The First Olympian Ode.
- Euripides, Orestes, 10.
Bronne
- Apollodorus, Bibliotheke III, v, 6
- Apollodorus, Epitome II,1-3
- Ovidius, Metamorfoses IV, 458-9; VI, 172- 76 & 403-11.
- Hyginus, Fabulae 82
- Gantz, Timothy (1993). Early Greek Myth. Baltimore: Johns Hopkins University Press.
- Graves, Robert (1960). The Greek Myths.
- Kerenyi, Karl (1959). The Heroes of the Greeks. New York/Londen: Thames and Hudson.pp 57–61 et passim
- Encyclopaedia Britannica 1911: "Tantalus"
Eksterne skakel
- Die verhaal van Tantalos Geargiveer 1 Oktober 2009 op Wayback Machine