Tankwavygie
Die Tankwavygie[2] (Tanquana prismatica) is 'n vygie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Tankwa-Karoo voorkom.
Tankwavygie | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | H.Hartmann et Liede, 1986. |
Spesie: | T. prismatica |
Binomiale naam | |
Tanquana prismatica (Schwantes) H.E.K.Hartmann & Liede[1] | |
Dit kom op klipperige vlaktes voor waar dit min reën (100 – 150 mm). Die dwergplantjie kan klompe vorm met 30 vertakkings. Die jong blare is eiervormig, maar dit word later langwerpig en tot 2,5 – 4 cm lank. Die gespikkelde blare kan groen wees maar ook rooierig word. Van Februarie tot Mei kry hulle geurige blomme met 'n deursnee van 4 cm.[3]
Galery
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.