Tankwarivier

Die Tankwarivier (ook Tanquarivier), 'n omaramba, is 'n boloop van die Olifantsrivier, Namakwaland.

Tankwarivier
Stroomgebied Noord-Kaap, Suid-Afrika
Monding Olifantsrivier
Monding-hoogte 271 m
Gemiddelde afloop 6 500 km²
Ligging van Tankwarivier op 'n kaart (Wes-Kaap)
Tankwarivier
Tankwarivier
Koördinate: 32°18′39″S 19°33′11″O

Hierdie rivier ontspring by die Roggeveld-windplaas in die Klein-Roggeveldberge op 'n hoogte van 1 200 m bo seespieël. Daarna vloei dit noordweswaarts, deur die Tankwa Karoo Nasionale Park en by 32°23′56″S 19°55′12″O in die Oudebaaskraaldam. Op 110 km suid van Calvinia by Elandsvlei, 32°18′39″S 19°33′11″O, vloei die rivier op 'n hoogte van 271 m in die Doringrivier, 'n oostelike sytak van die Olifantsrivier. Die Tankwarivier het ‘n opvanggebied van nagenoeg 6 500 km².

Net stroomaf van hierdie samevloeiing, sluit die Tra-trarivier uit die weste by die Doringrivier aan.

Bibliografie

  • Tankwa-Karoo & the Roggeveld escarpment. www.slingsbymaps.com
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.