Tanameer
Die Tanameer (Amharies: ጣና ሐይቅ?, Ṭana Ḥäyq, T’ana Hāyk’) is in die noorde van Ethiopië en is die oorsprong van die Blou Nyl, 'n sytak van die Nylrivier. Die meer vorm nie deel van die Groot Skeurvallei nie.
Tanameer | |
---|---|
Satellietbeeld van die Tanameer (noord lê na regs) | |
Koördinate: | 12°0′N 37°15′O |
Ligging: | Ethiopië |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 2 156 km² |
Lengte: | 84 km |
Breedte: | 66 km |
Eiland/e: | Tana Qirqos, Daga Island, Dek Island, Mitraha |
Nedersettings: | Bahir Dar, Gorgora |
Dit is die grootste meer in Ethiopië en die hoogsliggende meer in Afrika. Die meer is op 'n hoogte van 1800 m geleë en het 'n oppervlakte van 3000 km² (84 km lank en 66 km breed). Die maksimum diepte is 15 m.
Daar is eilande in die meer, waarvan die belangrikste Tana Qirqos, Daga, Dek, en Mitraha is.
Die eilande in die meer word al vir minstens 500 jaar bewoon deur monnike van die Ethiopies-Ortodokse Kerk wat skatte van voormalige Ethiopiese keisers en kerkskatte in afgeleë kloosters bewaar. Die grootste eiland is Dek.[1][2][3]
Verwysings
- Statistical Abstract of Ethiopia. 1967–68.
- "Lake Tana, source of the Blue Nile". Observing the Earth. European Space Agency. 5 November 2004. Besoek op 4 November 2013.
- "Homepage of Lake Tana Biosphere Reserve". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2021. Besoek op 24 November 2021.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tanameer.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.