Tameletjie

'n Tameletjie is 'n tuisgemaakte toffiekoekie wat prominent in die Afrikaner- en Maleisiese kulture van Suid-Afrika verskyn. Die soetigheid word gemaak van suiker en water wat gekook is tot dit gekaramelliseer het en dan laat staan is om af te koel om 'n harde soetding te vorm. Daar is baie variasies van die soetding wat verkry word deur amandels, dennepitte of klapper by die resep te voeg.

Tameletjies

Oorsprong

Die tameletjie is een van die oudste gebak in Suid-Afrika. Dit het destyds ontstaan as gevolg van die invoer van suikerriet uit China en die Oos- en Wes-Indiese eilande.[1] Die Maleise setlaars in die Kaap was die eerstes wat die resep gewild gemaak het en verskillende bestanddele by die resep gevoeg het, soos dennepitte, wat geredelik beskikbaar was as gevolg van die groot plantegroei van dennebome in die Kaap. Alhoewel suiker 'n relatief duur kommoditeit was, was die tameletjie die enigste soetigheid wat die setlaars gehad het, of kon maak, sodat dit algemeen geword het. Die Maleiers was bekend daarvoor dat hulle kos in die strate van Kaapstad verkoop het, en so het die tameletjie 'n gewilde bederf onder Europeërs en ander inwoners geword.

Soos die soetding meer gewild geraak het, is dit in verskillende kulture aangeneem wat gelei het tot variasies van die tameletjie. Dit is gewild in verskillende kulture en het 'n geskiedenis anders as die lekkers wat vandag in winkels gevind word.[1]

Metaforiese gebruik van die naam

"Tameletjie" is 'n wydgebruikte woord in Afrikaanstalige Suid-Afrikaanse mediapublikasies[2][3] asook akademiese artikels.[4][5] Die woord word meestal in die liggaam van die artikels gebruik, maar is ook algemeen binne titels.[6][7] Dit word ook wyd gebruik in publikasies oor verskillende onderwerpe wat wissel van ekonomiese, landbou- en omgewingsake, regs- en politieke sake, tot onderwys, taal en godsdienstige sake om 'n moeilike situasie te beskryf.[8]

Bestanddele

Die soetding word gemaak van meel, suiker, water en dennepitte of amandels. Dennepitte is oorspronklik gebruik, hoewel amandels 'n gewilde alternatief is.[9]

Verwysings

  1. Leipoldt, C.L. (2011). "Polfyntjies vir die proe. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers" (PDF). dbnl.
  2. Whitfield, B. Die 20twenty–tameletjie. FINWEEK (Finansies & Tegniek)
  3. "Cilliers, H. (7 April 2013). Motormaatskappye handelstekort n tameletjie". RAPPORT. 7 April 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2013. Besoek op 29 Augustus 2023.
  4. "Bergerson, J. 2008. Bibliographical materials for Afrikaans Etymological Lexicography. AFRILEX (Lexikos) (18), p 374 – 409". AFRILEX (Lexikos). 2008.
  5. "Joubert, F. & Rossouw, J. 2013. Living standards: An economic perspective on quality of in South Africa (Lewenstandaard: n Ekonomiese perspektief op lewensgehalte in Suid-Afrika). Tydskrif vir Geesteswetenskappe (53) 1". Geesteswetenskappe. Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2015.
  6. "Essop, P. (23 Aug 2011). Malema dalk n taai tameletjie". BURGER. 23 Augustus 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2013. Besoek op 29 Augustus 2023.
  7. "Joubert, D. (9 Feb 2004) G7: n Tameletjie in Boca Raton, Florida". BEELD. 9 Februarie 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2013. Besoek op 29 Augustus 2023.
  8. "Van Rooyen, D. (10 May 2011). Reëlingskema of likwidasieroete is tameletjie vir Sharemax-beleggers". BEELD. 10 Mei 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2013. Besoek op 29 Augustus 2023.
  9. Coetzee, R. (1977). Spys en Drank: Die Onstaan van die Afrikaanse eetkultuur gedurende die 17de en 18de eeu, met 167 reseppe van tradisionele geregte. Kaapstad & Johannesburg: C Struik Uitgewers.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.